Lilypie Fourth Birthday tickers

Monday, August 31, 2009

Article on Dr De Jager and his family

Nina from Cape Town found this article on Dr De Jager ( you will remember his wife and daughter and grandaughter and grandson a few weeks ago)- unfortunately in Afrikaans, but basically it says that they have arrested two of the gang of three!!!


Roofverdagte vasgetrek in spogkompleks in Pretoria
Hilda Fourie
Een van die mans wat ’n Pretoriase vrou glo tydens ’n rooftog verskeie kere met ’n pistoolkolf oor die kop en lyf geslaan het, woon in die Mooikloof-veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria.Dié kompleks is een van die vooraanstaande adresse in Pretoria.Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gesê lede van die Sunnyside-trio-taakspan het inligting oor die aanval op mev. Elizabeth de Jager, vrou van dr. L.J. de Jager, opgevolg en dié man eergisteraand by sy huis gearresteer. Nóg ’n man is by sy huis in Alexandra, Johannesburg, vasgetrek. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle mev. De Jager en haar dogter, mev. Charlotte van Vuuren (26), verlede week van die Pick n Pay in Faerie Glen, in die ooste van Pretoria, na hul huis in ’n veiligheidskompleks daar naby agtervolg het.Drie mans het die vroue toe by hul motorhuis oorval, mev. De Jager aangerand en hulle beroof voordat hulle gevlug het.Erasmus het gesê die mans kan moontlik met ander voorvalle in Pretoria en Centurion verbind word.

No comments:

Photobucket